 Mev. Suid-Afrika 2009 pronk in volstruis4 August 2009
“Ek het vir die ontwerper, Deon Oelofse, gesę dat hierdie
goudgeel volstruisleer en –vererok die wen-nommertjie is, en
daar gebeur dit toe net so,” vertel mev. Joani Johnson (28).
Sy is Vrydagaand in Midrand as die nuwe Mev. Suid-Afrika gekroon.
“Vir my as ‘n getroude vrou is dit belangrik om goed na myself te
kyk en sexy te wees. Hierdie mooi, helder en stylvolle volstruisrok
doen net die ding.”
Joani werk by die plaaslike koerant in Mosselbaai. Sy sal in November
aan die amptelike Mev. Węreld-kompetisie deelneem. “Ek wil graag vir my
land wen. Daar was nog nooit ‘n Suid-Afrikaanse Mev. Węreld nie.”
Sy het haar Suid-Kaap verbintenis duidelik gemaak met haar rokkeuse vir
die kroning. “Deon is my gunsteling ontwerper en die geel volstruisrok
is eksklusief ontwerp en gemaak.
Die rok wat Joani vir die Mev. Suid-Afrika galageleentheid aangehad het
was een van vyf unieke nuwe rokke wat Deon, in opdrag van die Suid-Afrikaanse
Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) ontwerp het.
Die leer en vere kom van Klein Karoo International (KKI) op Oudtshoorn.
Die rok was vanjaar ook deel van SAVBK-modevertonings in Portugal en Spanje.
“Hierdie rok is vir glansgeleenthede ontwerp en dit het soos ‘n handskoen
aan Joani gesit,” vertel Deon.
“Ek het hierdie volstruis-uitrusting met ‘n korsetstyl-top, afgewerk met
Swarovski kristalle. Die romp bestaan uit ses lae valle wat wyd uitloop
na onder en hier het ek 24 meter rouge volstruisvere gebruik.”
Vir die top is slegs die kroon of knoppies van die volstuisleer gebruik.
Ek het dit eers klaargemaak, waarna ek dit van helder songeel na sagte
pastelgeel gekleur het.
Die rouge is ook van pastelgeel na helder songeel geskakeer. 'n Lewendige
helder nommertjie wat nie mis gekyk kan word nie,” vertel die ontwerper trots.
Deon is nou 26 jaar in die bedryf. Hy sę, “Volstruisvere was nog altyd vir
my ‘n gunsteling. Ek word sedert 2005 daarmee geassosieer. Deesdae is die
Klein Karoo volstruisleer so soepel dat jy letterlik enigiets daarmee kan
doen. Van ‘n sexy-nommertjie in rooi of geel tot ‘n stylvolle broek of
glansbaadjie.”
Hy wys daarop dat hy graag volstruis leer met sy-sjifon en Swarovski
kristalle of ander edelstene kombineer. Dit kan werklik baie modern en
modieus wees,” vertel Deon.
Vir Joani lę daar ‘n baie besige tyd voor. Sy sal ondanks haar verpligtinge
as joernalis en eienares van ‘n plaaslike modelskool, ook ‘n klomp ander
afsprake moet nakom en liefdadigheidswerk doen.
Haar man, Arthur is haar grootste ondersteuner. “Met sy bystand wil ek
graag in my termyn as Mev. Suid-Afrika ‘n verskil in die gemeenskap maak
en vroue bemagtig,” sę Joani.
Saamgestel en uitgereik deur KLEIN KAROO International (KKI), Oudtshoorn
Medianavrae: Jan Greyling by 044 203 5236 of op 082 556 8778
Source: KLEIN KAROO International (KKI) 

|