 SA Volstruisbesigheidskamer by die Herold Landbouskou31 August 2009
Die Herold Landbouvereniging, sowat 35 km van Oudtshoorn
af, bied jaarliks ’n Landbouskou aan en aangesien dit
midde-in die Suid-Afrikaanse volstruisproduksiegebied
geleë is, neem die SA Volstruisbesigheidskamer daaraan
deel in samrewerking met die Wes-Kaap Departement van
Landbou se “Sentrum vir Uitnemendheid in die volstruisbedryf “
( Proefplaas) by Oudtshoorn.
Op meegaande foto’s kan die gesamentlike uitstalling gesien word
waar skougangers klein volstruiskuikens kon vashou, uistallings
sien oor die werking van die volstruisbedryf en ook inligting
saam neem huis toe in die vorm van brosjures, pamflette, DVD’s
en gekleurde volstruisveertjies.
Skougangers kon ook vier rokke van volstruisleer-en vere sien en
daar was ook ’n modeparade waar hierdie rokke vertoon is.


|