Username:


Password:


NOPSA Members

Mev Wêreld-titel in haar visier met volstruis-kostuum

3 November 2009

Joani Johnson se kanse is goed om die wêreld aan haar voete te hê wanneer sy aan die Mev Wêreld-skoonheidskompetisie in Vang Tau, Viëtnam op 22 November gaan deelneem.

Elk van die 79 deelnemende skoonhede moet onder andere 'n nasionale kostuum wat hul land van herkoms uitbeeld vertoon. Vir Joani was hierdie egter 'n maklike keuse. Pas nadat sy haar titel as Mev Suid-Afrika in 'n volstruisleer- en –vererok van ontwerper Deon Oelofse verower het, het sy besluit dat haar nasionale kostuum vir die Mev Wêreld-kompetisie beslis óók van volstruisleer – en –vere móét wees.

Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) het Oelofse, wat reeds verskeie uitrustings in opdrag van die Kamer gemaak het, genader om ook Joani se nasionale kostuum te ontwerp. Die klassieke snit word gekomplimenteer deur 'n elegante volstruisleer-bostuk, 'n lang romantiese romp van volstruisveer-ruche en afgerond met Swarovski-kristalle vir ekstra swier.

Om Joani se skoonheid verder te komplimenteer, het Hennie Roets 'n nuwerwetse handsak van volstruisleer met 'n metaal-afwerking as geskenk namens die SAVBK aan Mev Suid-Afrika oorhandig.

Suid-Afrikaanse volstruisleer is wêreldwyd in aanvraag. Hierdie eksotiese leer is veral gewild omdat dit van uitstekende gehalte is en in 500 kleure beskikbaar is.

“Dit is vir die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer belangrik om aan jong ontwerpers – vir mode- sowel as industriële-ontwerpers - die geleentheid te gee om met Suid-Afrikaanse volstruisleer te werk. Ons beywer ons ook om meer op die jonger mark te fokus. Met borgskappe van volstruisleer aan nuwe-generasie ontwerpers en ontwerpskole in Europa en Rusland, gee ons aan hulle blootstelling aan hierdie unieke, tydlose en veelsydige leer,” sê Hennie Roets, SAVBK direksie-voorsitter.

“Die borge vir die volstruisleer en -vere vir Joani se handsak en nasionale kostuum is onderskeidelik Scot en Ranchos las Plumas – albei is lede van die SAVBK,” het Hennie gesê.

Met hierdie borgskap wens die SAVBK vir Mev Suid-Afrika alle sukses toe en dat hierdie eg-Suid-Afrikaanse geskenke sal bydra om haar droom te bewaarheid en die kroon huistoe te bring.

Source: Suid Afrikaanse Volstruis Besigheids Kamer

Google
WWW Ostrich SA
Young designers enthusiastic about ostrich leather
Volstruisleer nou deel van Europese modestudente se leerplan
Ostrich Business Chamber at Agri SA conference
Volstruisbedryf tel kop op
Volstruisbedryf teenwoordig by Agri SA- konferensie
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2010 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX