Username:


Password:


NOPSA Members

Volstruis in Volkleur by J&B Met-perdewedren

3 February 2010

Helderkleurige volstruispluime het vrolik gepronk by vanjaar se 33ste J&B Met-perdewedren wat op Kenilworth buite Kaapstad op 30 Januarie gehou is. Die tema: “In Volkleur” is kunstig vertolk in elegante ontwerperskeppings en heelparty kostuums met hooftooisels van volstruisvere in eg Rio Karnaval-styl het uitgestaan tussen die sowat 30 000 besoekers.

Die huidige Mev Suid-Afrika, Joani Johnson, was die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) se ambassadeur by die J&B Met – een van die grootste geleenthede op die Suid-Afrikaanse mode-kalender en beslis die grootste somerpartytjie wat jaarliks in Kaapstad aangebied word.

Joani was geklee in ’n turkoois rok van volstruisleer en sy-agtige chiffon, geborduur met hout krale en swarovski-kristalle vir ekstra swier. Die volstruisleer vir Joani se rok is geborg deur SCOT (South Cape Ostrich Tanning) in Mosselbaai, ’n lid van die SAVBK.

Haar uitrusting is afgerond met ‘n elegante volstruisleerhandsak, geborg deur die SAVBK.

Joani is as een van die tien mooiste vroue tydens die Mev Węreld-skoonheidskompetisie in Viëtnam in November 2009 aangewys. Haar aandrok vir hierdie spesiale geleentheid was ook ’n volstruisleer en -vereskepping uit die ateljee van Deon Oelofse in opdrag van die besigheidskamer. Oelofse, wat ook die J&B Met-rok gemaak het reeds verskeie uitrustings vir die SAVBK ontwerp om die gebruik van volstruisleer en –vere in die mode-bedryf te beklemtoon.

Google
WWW Ostrich SA
Young designers enthusiastic about ostrich leather
Volstruisleer nou deel van Europese modestudente se leerplan
Ostrich Business Chamber at Agri SA conference
Volstruisbedryf tel kop op
Volstruisbedryf teenwoordig by Agri SA- konferensie
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2010 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX