Username:


Password:


NOPSA Members

Volstruisleer nou deel van Europese modestudente se leerplan

24 May 2010

Volstruisleer is een van Suid-Afrika se mooiste luukse uitvoerprodukte. As verteenwoordigende liggaam van die Suid-Afrikaanse volstruisindustrie is die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) verantwoordelik vir die generiese promosie en bewusmaking van volstruisleer wêreldwyd.

"Om groter bewustheid van volstruisleer te skep is dit veral belangrik om die aandag van industriële en modeontwerpstudente op hierdie uitsonderlike materiaal te vestig. Hierdie jong ontwerpers gaan immers die modeneigings in die nabye toekoms bepaal," sê Anton Kruger, hoof-uitvoerende beampte, SAVBK, Oudtshoorn.

Tradisioneel is hierdie eksotiese leer gebruik in mode-items soos handsakke, kledingstukke en kleiner gebruiksitems. Eers redelik onlangs het die huis, seiljag, motor en die baas se kantoor ook baat begin vind by die skoonheid van volstruisleer, maar die grootste markte bly steeds dié van handsakke, skoene en bykomstighede. Dit is egter nodig dat ons 'n nuwe generasie verbruikers van volstruisleer skep," meen Anton.

"Alhoewel volstruisleer 'n gunsteling van die wêreld se leidende modehuise en vervaardigers is, is daar steeds ruimte vir groter bewusmaking van hierdie ryk getekstureerde leer. Elke modebewuste persoon behoort ten minste een volstruisleeritem te besit!" sê Anton.

"Die SAVBK het die afgelope twee jaar aan verskeie internasionale handelsmissies deelgeneem wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid georganiseer en befonds is. Op elk van hierdie missies is verskeie volstruisleer en -vere-uitrustings, ontwerp deur Suid-Afrikaanse ontwerpers soos Deon Oelofse, vertoon by modevertonings in Wes- en Oos-Europa, en dit het wye televisiedekking geniet in Rusland en Spanje.


Die Ars Sutoria Skool is die kookpot van koel idees. Hier ontwerp en maak studente modieuse stewels en handsakke van Suid-Afrikaanse volstruisleer en vertoon so hul kreatiewe aanslag.


Mode is ín wonderlike manier om uiting te gee aan kreatiwiteit.

"Tydens hierdie handelsmissies het ek 'n paar van die leidende modeskole in Milaan, Madrid, Lisabon en Moskou besoek. Al die skole was entoesiasties om deel te neem aan ons bewusmakingsprojek en het ingestem om volstruisleer in die kurrikulums van die finalejaarstudente in te sluit. Buiten die indringende drie-uurlange lesing oor die karakter en toepassing van volstruisleer, moet studente minstens een uitrusting of mode-item van volstruisleer, soos 'n handsak of skoene, vir hul finale eksamen maak. Die SAVBK verskaf die gelooide Suid-Afrikaanse volstruisvelle in verskeie kleure en verskillende afwerkings aan die skole. 'n Verteenwoordiger van die SAVBK is ook deel van die beoordelingspaneel," vertel Anton.

Die eerste modeskool wat die SAVBK genader het, was die Ars Sutoria Skool in Milaan.


Elke detail is handgemaak met die uiterste sorg en dit laat die draer van die ĎGemaak in ItaliŽí-etiket baie spesiaal voel.


Volstruisleer maak duidelike onderskeid tussen die buitengewone en die alledaagse.

Die Ars Sutoria Skool is een van die voorste modeskole in Italië waar studente die fyn kuns van mode- en industriële ontwerp bestudeer. Hier leer jong ontwerpers hoe om hul nuwe idees in elegante drabare kunswerke te omskep deur gebruik te maak van die hoëgehaltemateriale. Studente ontvang in-diepte onderrig in die metodologie van ontwerp, patroonmaak en vervaardiging van leerhandsakke, -skoene en -bykomstighede. Baie aandag word aan teoretiese aspekte soos mates, verandering in groottes, looiprosesse en die produksie van skoenkomponente gegee. Studente maak veral baie sketse en beplan deeglik voordat hulle prototipes van hul kreatiewe idees ontwikkel.

Die eerste groep studente aan die Ars Sutoria Skool wat volstruisleer in hul ontwerpe gebruik het, het hul studies onlangs voltooi. Die resultate is werklik merkwaardig. Hul uitstekende vakmanskap word weerspieël in knielengte stewels, skoene, enkelstewels en handsakke. Elke stuk verdien die hoogaangeskrewe "Gemaak in Italië"-etiket!

Die eerste rondte was 'n reuse sukses en die Ars Sutoria Skool gaan hul vennootskap met die SAVBK vir nog 'n jaar verleng.

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX