Username:


Password:


NOPSA Members

Opskorting van volstruisvleisuitvoere

14 April 2011

Die uitvoer van volstruisvleis uit Suid-Afrika is deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye opgeskort nadat verdagte gevalle van die H5N2 Avian Influenza virusstam opgemerk is onder enkele volstruise in die Suid-Kaap. Hierdie virusstam is nie gevaarlik vir mense nie en die opskorting is in ooreenstemming met internasionale vereistes. Op hierdie stadium is dit nie duidelik vir hoe lank die opskorting sal geld nie aangesien verdere toetse gedoen moet word.

Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) en die Regering ( Nasionaal endie Wes-Kaap Provinsiale Departement van Landbou) werk reeds sedert 2004 in ‘n vennootskapsbenadering saam om dieresiektes te moniteer en bestuur en die hantering van hierdie situasie sal ook volgens hierdie vennootskap bestuur word, sê Anton Kruger, die Hoof Uitvoerende Beampte van die SAVBK op Oudtshoorn.

“ Die SAVBK gee ook graag die versekering aan plaaslike verbruikers dat slegs veilige volstruisvleis vanaf die EU-goedgekeurde volstruisabattoirs in Suid-Afrika in die mark beskikbaar is.

“Volstruisvleis is tans verantwoordelik vir 62% van die inkomste per volstruis en vir elke maand wat die verbod duur, verloor Suid-Afrika sowat R108 miljoen aan buitelandse inkomste aangesien meer as 90% van volstruisvleis uitgevoer word”, sê Kruger. Volgens die SAVBK is die volstruisbedryf reeds onder druk as gevolg van die voortdurende droogte in die volstruisproduksiegebiede. Die sterk Suid-Afrikaanse Rand het ook ‘n negatiewe invloed op hierdie uitvoergerigte bedryf.

Enquiries: Anton Kruger
Tel: 044 272 3336
Faks: 044 272 3337
Epos: akruger@saobc.co.za

Source: Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX