Username:


Password:


NOPSA Members

Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ

18 November 2011

Van al die paaie wat na Rome lei, is daar heelwat hoofweŽ wat verder noord loop in die rigting van Milaan, die sogenaamde klere-en leer-modehoofstad van die wÍreld. Milaan word allerweŽ beskou as die groeipunt van nuwe idees wat lewe kry in die hande van ontwerpers met 'n onblusbare passie vir goeie smaak. Om hierdie lus vir vars en innoverende skeppings te voed, het die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer die Domus Academy-modeskool se finalejaar ontwerpstudente aan Suid-Afrikaanse volstruisleer bekendgestel.

"Domus Academy is die tweede ontwerpskool in Milaan om deel te word van die SAVBK se bewusmakingsveldtog om opkomende ontwerpers bekend te stel aan hierdie gesogte rou materiaal wat met pure weelde en eksklusiwiteit vereenselwig word," sÍ Anton Kruger, Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer in Oudtshoorn.

ďBeskouing van die toekoms Ė nuwe weŽ in die interpretasie van volstruisleerĒ was die tema van die werkswinkel wat Mnr Kruger aan die studente aangebied het. Diť blootstelling het nuwe insig gegee aan ekspresiewe moontlikhede. Die studente moes hierna konsepte in volstruisleer vir hul finalejaarprojekte ontwikkel. Afgesien van die geleentheid om 'n opwindende nuwe medium te toets, sou die beste ontwerpspan 'n kontantprys en 'n reis na Suid-Afrika ontvang om eerstehands die industriŽle produksieproses van volstruisleer en die plaaslike luukseproduktemark te besoek. Die eksamenprojekte is deur 'n spesialisspan beoordeel. Die twee jong ontwerpers wat saam die wenprojek, genaamd Stardust, aangekpak het, was Marina Ogrizovic van Serbia en Hidayet Zeynep Engin van Turkeye. Die tien beste projekte sal in die volgende jaar in Europa en in Suid-Afrika by verskeie leeruitstallings en modeskoue vertoon word.

ďDie SAVBK het reeds in 2008 'n bewusmakingsveldtog, gemik op leidende mode-ontwerpskole, in Milaan en Liverpool geloots. Die dosente en studente is voorgestel aan die karakter en aanwendingsmoontlikhede van hierdie 'nuwe' soort leer.

ďAlhoewel volstruisleer 'n standaard item op die bestellyste van die voorste internasionale modehuise en vervaardigers is, is daar steeds ruimte om bewustheid van hierdie ryk getekstureerde leer aan te wakker. Dit is van uiterste belang om volstruisleer aan jong ontwerpers voor te stel.

"Tot dusver is drie modeskole deel van ons veldtog en hulle het ingestem om volstruisleer deel te maak van senior studente se leerplan. Op diť voorwaarde dat studente volstruisleer in ten minste een kledingstuk of mode-item soos byvoorbeeld 'n handsak of 'n paar skoene vir hul finale eksamen sal gebruik. Die SAVBK voorsien dan gelooide volstruisleer in verskeie kleure en afwerkings aan hierdie skole. 'n Verteenwoordiger van die SAVBK is ook deel van die finale beoordelaarspaneel,Ē sÍ Anton.

Die eerste Italiaanse modeskool wat in 2008 'n samewerkingsoorneenkoms met die SAVBK gesluit het, is Ars Sutoria. Die afgelope vier jaar het senior studente aan hierdie skool, ook in Milaan, hul vernuf gewys in die mini-versamelings van handsakke, stewels en skoene in volstruisleer. Met hul blootstelling aan die werk van hul voorgangers van die afgelope drie jaar, is hierdie groep studente meer vertroud met volstruisleer en hul werk toon selfs 'n beter begrip en verkenning van die medium.

Jong ontwerpers wat hul talente en vaardighede aan die voorste internasionale modeskole ontwikkel, is die skakel om nuwe interpretasies vir volstruisleer te vind. Hulle is die generasie wat die kode van die luuksheid aan die volgende generasie verbruikers van volstruisleer moet ontsluit," sÍ Anton.

Foto 1:
Domus Academy is die tweede modeskool in Milaan, ItaliŽ, wat deel geword het van die inisiatief van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer om volstruisleer aan die volgende generasie jong ontwerpers bekend te stel. Mnr Anton Kruger (middel) is omring deur finalejaarstudente van die Dumos Academy tydens sy aanbieding oor die karakter en aanwendingsmoontlikhede van volstruisleer vroeg in 2011.




Foto 2:
Ontwerper-duet, Marina Ogrizovic en Zeynep Engin, was die wenners van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer se kompetisie. Hul projek, benaamd Stardust, is 'n baadjie in volstruisleer met 'n metaalafwerking.


 



Foto 3:
'n Mou-insetsel van volstruisbeenleer met 'n metaalafwerking en 'n kort onderbaadjie in volstruisleer met dieselfde afwerking verleen 'n middeleeuse gevoel aan die ontwerp van Han Gul Kwon en You Jin Lee.





Foto 4:
Pei Chun Hsieh en Ye Wang het 'n paar uitsonderlike volstruisleersandale ontwerp.



Enquiries Anton Kruger
Tel 044 272 3336
Faks 044 272 3337
Epos akruger@saobc.co.za

Source: Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX