 |
Terug na Indeks van Resepte VOLSTRUIS-KEFTA
Bedien 4
Bestanddele:
- 1kg KLEIN KAROO-volstruismaalvleis
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gesny
- 2 eetlepels fyngekapte vars platblaarpietersielie
- 2 eetlepels fyngekapte vars koljanderblare
- ½ teelepel rooipeper
- ½ teelepel gemaalde swartpeper
- ½ teelepel fyn gemmer
- ½ teelepel gemaalde kardemom
- 1 teelepel fyn komyn
- 1 teelepel paprika
Sous:
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 teelepels fynkaneel
- 1 1 teelepel paprika
- 2 x 425g-blikkies gekapte tamaties
- 2 teelepels harissa
- 4 eetlepels gekapte vars koljanderblare
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
Metode: Voorverhit die oond tot 180º C (350º F/Gas 4). Smeer twee bakplate liggies met
olie. Plaas die volstruisvleis, ui, knoffel, kruie en speserye in ’n mengbak en meng goed.
Geur met sout en peper.
Rol eetlepels van die vleismengsel in balletjies en plaas op die voorbereide bakplaat.
Bak 18 – 20 minute of tot bruin.
Maak intussen die sous. Verhit die olie in ’n groot pan, voeg uie by en kook 5 minute oor medium
hitte tot sag. Voeg knoffel, komyn, kaneel en paprika by, en kook ’n minuut lank of totdat jy die
heerlike geur kan ruik!
Roer die tamatie, harissa en appelkooskonfyt in en bring tot kookpunt. Verminder hitte en laat
20 minute prut. Voeg gaar vleisballetjies by en laat nog 10 minute prut of totdat die sous goed
deurgekook het. Roer koljander by, geur en bedien.
- Tersia de Wet Terug na Indeks van Resepte
|
 |