Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

VOLSTRUIS SHASHEEM

Maak omtrent 30

Bestanddele:

  • 125 g rou KLEIN KAROO Volstruisfilet of Ėsteak
  • 1 koppie kortkorrel witrys
  • 2 koppies water
  • 2 eetlepels rysasyn
  • 1 eetlepel sout
  • 3 - 4 velle Nori
  • Wasabi na smaak (opsioneel)
  • 1 klein Lebanese komkommer, geskil
  • ½ klein avokadopeer
  • ¼ koppie pekelgemmer
  • Sojasous vir doopsous

Metode: Was rys in koue water, dreineer goed. Plaas rys en water in medium pan. Bring tot kookpunt, verminder hitte en laat prut sonder deksel vir 4 Ė 5 minute of totdat al die water geabsorbeer is. Bedek, verlaag hitte en kook vir nog 4 Ė 5 minute.

Verwyder van hitte en laat afkoel. Roer asyn, suiker en sout by die rys.

Plaas een vel Nori op waspapier op ín plat oppervlak. Plaas ín kwart van die rys op die Nori, laat 'n rand van sowat 2 cm rondom. Smeer ín klein hoeveelheid wasabi in die middel van die rys.

Sny die rou volstruisvleis in dun strokies, en die komkommer en avokado in klein stukkies. Plaas die stukkies volstruisvleis, komkommer, avokado en gemmer oor die wasabi.

Gebruik die papier as gids, rol styf op sodat die bestanddelel wat bo-op die rys geplaas is in die middel bly. Druk Nori om kante te seŽl. Gebruik ín skerp platlemmes of elektriese mes om die rol in 2,5 cm stukkies te sny.

Herhaal proses met die res van die bestanddele. Bedien shasheem met klein vlak bakkies sojasous of ekstra wasabi gemeng met sojasous as doopsous.

- Conrad de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX