Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

VOLSTRUISDRIEHOEKIES

Lewer 28 driehoekies

Bestanddele:

  • 250g KLEIN KAROO-volstruismaalvleis
  • 2 eetlepels olie
  • 1 groot ui
  • 3 klein knoffelhuisies, gekneus
  • 1 eetlepel gemaalde koljander
  • 1 eetlepel komyn
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 teelepel masala
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel peper
  • sap van ½ suurlemoen
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • ½ koppie gekapte koljanderblare
  • 4 skywe fetakaas, gekrummel
  • ¼ koppie dennepitte, gerooster
  • 1 pak filodeeg (14 velle)
  • 125 g gesmelte botter of kookolie (botter is geuriger)

Metode: Voorverhit oond tot 190į C. Verhit olie in braaipan. Plaas ui en knoffel in pan en braai tot ligbruin. Verminder hitte en voeg die drie speserye by. Kook een minuut.

Voeg die volstruismaalvleis by en roer. Voeg sout, peper, suurlemoensap, bruinsuiker en appelkooskonfyt by. Verwyder van hitte en laat afkoel.

Rooster ¼ koppie dennepitte in ín pan oor lae hitte of in die oond. Voeg dennepitte, koljanderblare en fetakaas by die vleismengsel en geur na smaak.

Plaas deegvel op ín werkoppervlak wat met gesmelte botter of olie gesmeer is. Smeer bokant van deegvel met gesmelte botter of olie voordat tweede vel bo-op geplaas word. Smeer bokant van tweede deegvel ook met gesmelte botter of olie. Sny in die lengte in vier stroke. Om deeg vogtig te hou, bedek met ín klam, skoon teedoek.

Plaas 3 gelykvol teelepels op die end van elke strook. Vou filodeeg oor om ín driehoek te vorm en om die vulsel te bedek. Hou aan vou tot aan einde van die strook.

Borsel die driehoek met gesmelte botter, en plaas op bakplaat. Herhaal die proses met die oorblywende deeg en vulsel.

Bak 15 Ė 20 minute tot goudbruin. Bedien warm met Wellingtonís se Sweet Chilli-sous.

- Alet Coetzee

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX