Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

EKSTRAS

MERLOT-SOUS

Bestanddele:

  • 500 ml rooiwyn
  • 5 ml beesvleisaftreksel
  • 250 ml suiker
  • 25 ml Balsamiese asyn
  • 1 klein ui

Metode: Braai ui tot goudbruin. Voeg rooiwyn by. Wag totdat dit kook en voeg dan die res van die bestanddele by. Bedien met steak of filet.

- Lemien de Ridder and Elzona Deetlefs

STEAKSOUS

Bestanddele:

  • 1 ui, gekap
  • ¼ teelepel knoffel
  • 32 ml sout
  • 4 ml peper
  • 1 lourierblaar
  • 625 ml tamatiesous
  • 125 ml asyn
  • 185 ml Worcestershiresous
  • 500 ml sojasous
  • 1 koppie water

Metode: Bring ui, lourierblaar, sout, peper, knoffel en water tot kookpunt. Voeg res van die bestanddele by en laat kook.

- Lemien de Ridder and Elzona Deetlefs

GRONDBOONTJIESOUS

Lewer 300 ml

Bestanddele:

  • 10 ml olie
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 2 ml gemaalde komyn
  • 3 ml kerriepasta (Thai)
  • 50 ml grondboontjiebotter
  • 150 ml klappermelk
  • 15 ml bruinsuiker
  • 10 ml suurlemoensap
  • 10 ml vissous
  • 30 ml gekapte geroosterde grondboontjies
  • ongeveer 100 ml hoenderaftreksel

Metode: Verhit olie. Voeg ui en knoffel by en braai liggies. Voeg komyn en kerriepasta by en kook ongeveer 30 sekondes.

Roer grondboontjiebotter, klappermelk en bruinsuiker by. Bring tot kookpunt en laat 3 minute prut.

Voeg suurlemoensap, vissous en grondboontjies by. Bring weer tot kookpunt en verdun met aftreksel tot die dikte van ín doopsous.

Maak genoeg hiervan Ė gaste eet wat oorbly met ín teelepel uit die bak!

- Tersia de Wet

MIELIEPAP DELUXE

Bedien 4 Ė 6

Vir die meeste Suid-Afrikaners is ín vleisbraai net nie dieselfde sonder mieliepap nie. Probeer hierdie smaaklike variasie.

Bestanddele:

  • 500 ml water
  • 500 ml melk
  • 500 ml mieliepap
  • 2 geklitste eiers
  • 30 ml botter
  • 1 Ė 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en swartpeper
  • 1 x 410 g blik heel mieliepitte, gedreineer
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas

Metode: Bring water, melk en mieliemeel tot kookpunt, roer aanhoudend totdat dit dik word. Verlaag hitte en voeg res van bestanddele by, behalwe die kaas. Laat prut 1 uur lank met deksel op. Voeg kaas by en laat staan nog 10 minute. Bedien.

- Tersia de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX