Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

VOLSTRUISGHOELASJ-SOP

Bedien 4 Ė 6

Bestanddele:

  • 650 g KLEIN KAROO-volstruissteak
  • 125 g KLEIN KAROO-volstruis-bacon
  • 2 eetlepels olie
  • 1 groot ui, gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 teelepel paprika
  • 1 teelepel karwysaad
  • 40 ml meelblom
  • 5 ml bruinsuiker
  • 400 g blik tamaties (fyn)
  • 4 koppies beesvleisaftreksel
  • 2 medium aartappels in klein blokkies gesny
  • Suurroom vir garnering

Metode: Sny vleis in klein blokkies. Verhit olie in ín groot swaarboompan en braai klein hoeveelhede vleis en bacon tot bruin, en hou eenkant.

Voeg die ui in pan en kook 5 minute tot sag. Voeg knoffel, paprika en meelblom by en kook nog 'n minuut. Voeg karwysaad, ongedreineerde fyn tamaties, suiker, aftreksel en vleis by. Roer. Bring tot kookpunt en laat prut.

Voeg aartappels by en laat prut nog 30 minute totdat aartappels en vleis sag is.
Bedien kokend warm.
Garneer met ín klont suurroom en ín knypie paprika.

- Tersia de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX