Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

MOROKAANSE HERDERSPASTEI

Bedien 6

Bestanddele:

  • 1 kg KLEIN KAROO-volstruisvleis
  • 2 eetlepels botter
  • 1 wortel, gerasper
  • 1 ui, gekap
  • 2 - 4 eetlepels tamatiepureé
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 4 eetlepels rooiwyn
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 2 teelepels gemaalde komyn
  • 50 ml blatjang
  • sout en gemaalde swartpeper

Vir bolaag:

  • 6 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 4 stukke broccoli, in blommetjies gesny
  • 60 g botter
  • sout en gemaalde swartpeper
  • grasuie na smaak

Metode: Voorverhit oond tot 180° C. Vir vleisbasis verhit botter in pan totdat dit skuim, en voeg ui en maalvleis by.

Sauté 6 – 8 minute tot bruin. Voeg wortel, tamatiepureé en -sous, rooiwyn en rissievlokkies by en roer. Stel temperatuur hoër en laat nog 2 – 4 minute vinnig prut.

Voeg knoffel, komyn en blatjang by, en geur na smaak. Laat 5 minute prut.

Vir die bolaag: Kook aartappels 6 – 8 minute in genoeg water. Voeg broccolistukkies by en kook nog 4 – 6 minute.

Dreineer. Druk aartappels en broccoli fyn, roer botter by en geur. Skep vleismengsel in gesmeerde oondskottel, en daarna die fyngemaakte aartappels en broccoli bo-op.

Verhit tot kokend (ongeveer 20 minute). Garneer met grasuie.

- Tersia de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX