Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

INLEIDING

In vandag se gesondheidsbewuste wÍreld is volstruisvleis deel van ín gebalanseerde dieet en bied die vleisliefhebber die plesier om ín lekker sappige filet of steak te geniet met die wete dat dit inderdaad 'n gesonde keuse is. Die gesondheidsaspekte en veelsydigheid van KLEIN KAROO-volstruisvleis maak dit die ideale keuse vir tuiskokke en sjefs in hul voorbereiding van heerlike, voedsame maaltye elke dag van die week.

VOLSTRUIS... DIE GESONDE, SMAAKLIKE ROOIVLEIS

  • Low in cholesterol - Just 0,062 g per 100 g meat
  • Low in fat - Less than 2,0 % per 100 g meat
  • Low in kilojoules - Only 387 kJ per 100 g meat
  • Rich in protein - A high 20,5 % per 100 g meat
  • Rich in iron - A high 3,2 mg per 100 g meat
  • Rich in taste - KLEIN KAROO ostrich meat

Goeie nuus vir diť wat gesondheid kies, is dat volstruisvleis laag is in kilojoules, vet en cholesterol, en ryk is aan yster en proteÔene. KLEIN KAROO-volstruisvleis is ín smaaklike rooivleis en smelt behoorlik in die mond. Vir die figuurbewustes asook sportmanne en -vroue is KLEIN KAROO-volstruisvleis die ideale keuse, omdat mense met 'n aktiewe leefstyl veral baat by diť vleis se hoŽ proteÔene- en ysterinhoud.

DIE KLEIN KAROO VOLSTRUISPRODUKREEKS

KLEIN KAROO in Oudtshoorn bied ín wye reeks volstruisvleisprodukte wat slegs van die beste snitte voorberei word. Die vakuumverpakte KLEIN KAROO-volstruisreeks bestaan uit 500 g-pakkies volstruisfilet, -steak, -maalvleis, -ghoelasj, -wors, -sosaties en -burgers. Al die produkte in hierdie reeks bevat die Hartstigtingmerk. Vervang gerus die vleis in jou gunstelingresep met een van hierdie KLEIN KAROO-volstruisvleisprodukte.

KLEIN KAROO se kouevleisreeks komplementeer die gewilde reeks gesonde, smaaklike volstruisvleisreeks. Ideaal vir skemerpartytjies, piekniek of kouevleisborde. Hierdie reeks bestaan uit gerookte filet, volstruis-bacon, volstruisham asook hoŽgehalte weense worsies en russians. (Let wel: Die bacon en ham bevat geen vark nie.)

ín Ander innoverende idee is die nuwe gemarineerde volstruisvleisreeks wat bestaan uit 500 g-pakkies filet, steak en sosaties. Jy kan die Texan-smaak met sy effense byt of die geurige BBQ, knoffel en suurlemoen-geur kies. Dit is so maklik. Neem die vleis uit die pakkie en sit dit in die pan of op die rooster.

Die KLEIN KAROO-volstruisbiltongreeks bestaan uit biltongstukkies, gekerfde biltong, droŽwors en snapstix (in die oorspronklike geur asook matige rissie).

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX