Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

VOLSTRUISKERRIE

Bedien 4 Ė 6

Bestanddele:

  • 1 kg KLEIN KAROO-volstruissteak OF -ghoelasj
  • 2 eetlepels olie
  • 2 uie, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 klein groenrissies, fyn gekerf
  • 5 cm stukkie gemmer, gerasper
  • 1½ teelepels borrie
  • 2 teelepels gemaalde komyn
  • 3 teelepels gemaalde koljander
  • ½ - 1 teelepels rissiepoeier
  • 1 - 1½ teelepels sout
  • 425 g blik fyn tamaties
  • 125 ml kokosroom

Metode:Sny die vleis in blokkies. Verhit die olie in ín groot swaarboompan (met deksel). Braai uie 10 minute oor medium hitte tot goudbruin. Roer dikwels. Voeg knoffel, rissies en gemmer by, en braai nog 2 minute. Wees versigtig om die mengsel nie te brand nie.

Meng die borrie, komyn, koljander en rissiepoeier in ín klein bakkie. Voeg 2 eetlepels water by en roer tot ín gladde pasta. Voeg by mengsel in pan. Roer aanhoudend vir 2 minutes.

Voeg die vleis bietjie vir bietjie by en roer goed totdat die vleis met speserye bedek is. Dit is belangrik dat die vleis goed bedek moet wees en bruin gebraai word. Voeg sout by en roer die ongedreineerde tamaties by. Bring tot kookpunt. Bedek pan en verminder hitte tot laag.

Laat 45 Ė 60 minute prut totdag die vleis sag is. Roer kokosroom 30 minute voor die einde van kooktyd by.

- Tersia de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX