Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

ONTBYTPIZZAS MET VOLSTRUIS-BACON

Bedien 6

Bestanddele:

  • 12 – 18 skyfies KLEIN KAROO-volstruisham of -bacon
  • 6 klein voorafbereide pizzabasisse
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 12 – 18 kersietamaties, gehalveer
  • gedroogde origanum
  • olyfolie
  • 6 eiers
  • sout en gemaalde swartpeper
  • Ekstra tamatie- en uie-mengsel (opsioneel)

Metode: Plaas pizzabasisse op gesmeerde bakplaat. Bevogtig die basisse met ekstra olie en ekstra tamatie-en-uie-mengsel. Rangskik die volstruis-bacon en halwe tamaties bo-op. Sprinkel origanum oor. Bedruip met olyfolie.

Bak 20 – 15 minute in ’n baie warm oond by 240ºC na aan die onderste element van die oond of totdat die basis deurgebak en bruin is.

Bak intussen die eiers tot verkose gaarheidsgraad en sit een eier op elke gaar pizza.

Geur met sout en gemaalde swartpeper. Bedien onmiddellik.

- Tersia de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX