Terug na Indeks van Resepte VOLSTRUISSOSATIES MET GRONDBOONTJIESOUS
6 sosaties
Bestanddele:
- 500 g KLEIN KAROO-volstruisfilet of -steak, in blokkies gesny OF KLEIN KAROO-volstruissosaties
(haal vleis van stokkies af)
- 300 g klein bruinsampioene
- stukke groen en rooi soetrissies
- 150 ml klappermelk
- 50 ml beesvleisaftreksel
- 30 ml gekapte vars koljander
- 30 ml bruinsuiker
- 20 ml rooi kerriepasta (Thai)
- 50 ml vissous (Thai)
- 20 ml olie
- 5 ml gekneusde koljandersaadjies
Metode: Plaas die blokkies volstruisvleis, afgeveede sampioene en stukkies soetrissie in 'n
marinadebak. Kombineer die oorblywende bestanddele en giet oor vleis. Marineer 2 – 3 ure.
Ryg die vleis, sampioene en soetrissie op die sosatiestokkies. Braai oor gloeiende kole vir ongeveer
5 minute. Die vleis moet mediumgaar wees.
Die volstruissosatie smaak heerlik met
Grondboontjiesous en ’n skep
Mieliepap Deluxe.
Andersins kan jy ook KLEIN KAROO se gemarineerde volstruissosaties gebruik. Daar is vier sosaties per 500 g-pak.
- Tersia de Wet Terug na Indeks van Resepte
|