Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

VOLSTRUISSTEAK-VOORGEREG

Bedien 4 – 6

Bestanddele:

  • 3 KLEIN KAROO-volstruissteaks
    (±100 g elk, 20 – 25 mm dik)
  • 2 eetlepels olyfolie
  • seesout en grofgemaalde swartpeper

Metode: Geur beide kante van steak met sout en peper. Sit 1 uur lank in yskas. Haal uit en hou dit nog een uur lank by kamertemperatuur voor gaarmaak.

Verhit olyfolie tot baie warm. Klad vog op steaks met kombuispapier en braai 3 – 7 minute, afhangende van hoe gaar jy van jou steak hou. Verwyder steaks van die pan en plaas in opdienbord. Sny in dun skywe en bedien dadelik.
Bedien met kruierysous (monkeyglandsous).

- Tersia de Wet

KRUIERYSOUS

Bestanddele:

  • 2 eetlepels olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • ½ koppie water
  • 410 g blik heel geskilde tamaties
  • 1 koppie tamatiesous
  • ½ koppie Worcestershire-sous
  • ¾ koppie vrugteblatjang
  • ¼ koppie bruinsuiker
  • 2 eetlepels asyn
  • 1 teelepel Tabascosous

Metode: Verhit olie in swaarboomkastrol en sauté uie en knoffel tot sag.

Voeg oorblywende bestanddele by en laat 30 minute oor lae hitte prut terwyl af en toe roer.

- Tersia de Wet

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX