Username:


Password:


NOPSA Members

Terug na Indeks van Resepte

VOORBEREIDING VAN VOLSTRUISFILET OF -STEAK

Maak die vakuumverseŽlde KLEIN KAROO-volstruisvleispakkie oop en laat staan 5 minute. Skei die individuele snitte. Bedruip met olyfolie. Verhit ín swaarboompan of riffelpan tot baie warm. As jy braai, moet die kole baie warm wees. Sit die filette of steaks in die pan of op die rooster en seŽl aan beide kante. Draai twee keer om aan beide kante en braai totdat die verlange gaarheidsgraad bereik is. Verwyder van hitte. Bedruip weer met olyfolie. Plaas in bak met deksel en laat die vleis 3 tot 4 minute rus voor opdiening.

Die lae vetinhoud van volstruisvleis maak die vleis effens droog. Moenie dit met taaiheid verwar nie, en onthou dat sout en speserye vog uit die vleis onttrek. SeŽl dus die vleis voordat jy dit geur. Volstruis moet teen die hoogste temperatuur in die kortste tyd gaargemaak word. Die perfekte volstruisfilet of -steak is pienk, effe rou, sappig en sag. Volstruis moet na regte medium bedien word. Indien die vleis goedgaar is, sal dit droog wees.

Die gaarmaaktye vir volstruis is:
Vir min gaar: 2 minute aan elke kant.
Medium: 3 minute aan elke kant.
Gaar: 4 minute aan elke kant.
Gaarmaaktyd hang natuurlik ook af van die dikte van die snit.

Terug na Indeks van Resepte

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2018 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX