Username:


Password:


NOPSA Members

Volstruisbedryf tel kop op

22 April 2010

Die departement stel jaarliks jong teelmateriaal beskikbaar vanuit die navorsingskudde wat op sy Oudtshoorn-standplaas in stand gehou word. Dié volstruise is die nageslag van die massa- en voortplantingslyne wat op die navorsingsplaas gevestig is as deel van 'n teelprojek onder leiding van prof. Schalk Cloete, spesialisnavorser van die departement.

Die volstruise word gekies en opgeveil op grond van teelwaardes vir gewig en voortplanting (eier- en kuikenproduksie). Die genetiese vordering wat gemaak word met die teelprogram word só direk deurgegee na die produsente.

In die volstruisbedryf is trop-paring die norm en produsente is gevolglik nie in staat om self volstruise te kies nie, aangesien stamboominligting en produksiedata in die meeste gevalle nie beskikbaar is nie.

Die jaarlikse veiling is daarom van groot waarde deurdat dit produsente die geleentheid gee om goeie, jong teelmateriaal in die hande te kry sonder dat hulle self al die insette hoef te maak wat nodig is om teelmateriaal te selekteer en genetiese vordering te bewerkstellig (soos enkelparing en deeglike rekordhouding). Dit skep ook 'n bewustheid by produsente rakende die waarde van goeie teelmateriaal en genetiese vordering.

Vertroue in bedryf groei
Altesaam 114 broeivolstruise is op 14 April by die Oudtshoorn-navorsingsplaas opgeveil. Al die volstruise is tussen 15 kopers opgeraap. Boere van die Klein Karoo, Karoo en Suid-Kaap het van die geleentheid gebruik gemaak om nuwe teelmateriaal aan te skaf voor die aanvang van die nuwe broeiseisoen.

Die gemiddelde prys per volstruis was R3 516, terwyl die hoogste prys wat behaal is R6 600 was vir 'n twee jaar oue Suid Afrikaanse "Black"-wyfie. Dié volstruis is deur mnr. Jan Brink van die Oudtshoorn-distrik gekoop. Mnr. Coetzee Uys van Heidelberg het die grootste aantal, naamlik 17 broeivolstruise, gekoop.

Gegrond op dié syfers lyk dit dus asof daar steeds vertroue in die volstruisbedryf is - dít nadat slagprodusente onlangs nog 'n verlaging in slagpryse moes absorbeer. Die feit dat produsente bereid is om te belê in teelmateriaal is baie bemoedigend vir die toekoms van die bedryf.

Vir meer inligting oor die veiling, kontak Anel Engelbrecht, senior navorser by die Wes-Kaapse departement van landbou se Oudtshoorn-navorsingsplaas en skrywer van die berig, by tel. 044 272 6077.

Source: ANEL ENGELBRECHT

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX