Username:


Password:


NOPSA Members

Asemhalingsiekte by volstruise: Lugsakinfeksie

24 August 2006

DIE VOLSTRUIS SE asemhalingstelsel (neus, lugpyp, lugsak en longe) voorsien suurstof aan die hart- en bloedvatstelsel om suurstof deur die liggaam te versprei. Koolsuurgas word teruggevoer na die asemhalingstelsel om uit te asem.

Behalwe vir die gasuitruiling het die asemhalingstelsel ook baie ander funksies. Dit hou die liggaam se chemiese balans in stand, asook die afbreek of opbou van verskeie stowwe wat die liggaam nodig het om normaal te funksioneer. Die lugweë is belangrik vir reuk, smaak en die handhawing van liggaamstemperatuur. Indien die funksionering van die volstruis se lugweë belemmer word, hou dit verreikende gevolge vir die volstruis in. Spesiale beskermingsmeganismes in die volstruis se lugweg sluit fyn haartjies, ’n slymlaag en witbloedselle in wat vreemde partikels opneem en vernietig. Die ergheidsgraad en ekonomiese impak van lugweginfeksies by volstruise word bepaal deur die populasiedigtheid, tropgrootte en ouderdom.

Respiratoriese probleme

Die respiratoriese probleme in volstruise is die gevolg van intensifikasie wat geassosieer word met die verhoging in populasiedigtheid en stres. Die siekte het direkte en indirekte gevolge.

  • Erosiesiekte: Hoër voergebruik en langer tyd tot slaggereed.
  • Afkeurings van ribkaste (8,8%) of totale karkas (0.5%).
  • Verhoogte vatbaarheid vir sekondêre infeksies wat tot hoë vrektesyfers kan lei.
  • Behandelingskoste, veral met hoë siektesyfer.

Veroorsakende agent

Volstruis-spesifieke Mycoplasma-organisme, soos gevind deur KLEIN KAROO International se navorsingspan, word geassosieer met lugsaktekens. ’n Draertoestand van mikoplasma kom dikwels voor. Ander: Haemophilus en swamme. Newcastle- en Influenza-virus kan ook tekens van asemhalingsiekte veroorsaak.

Bydraende faktore

  • Weerverandering is veral belangrik gedurende herfs en lente as gevolg van temperatuurskommelinge.
  • Stres: Veral vervoerstres (lang afstande, koud en sonder voer); verandering van voer (gereelde vars hoëvoedingswaardevoer na nuwe tipe rantsoen in vreemde bakke); omgewing (beskermde kuikenkampe na oop voerkrale); sosiale stres (uitklas en meng met nuwe kuikens).
  • Higiëne: Misstof in kampe, vuil waterbakke, gemufde voer in bakke, vuil voersakke.
  • Biosekuriteit: Vermenging van kuikens uit verskillende bronne by die voerkraal (skielike blootstelling aan verskillende potensiële nuwe siekte-veroorsakende organismes).
  • Weer: Wind en stof (verspreiding van organismes en beskadiging van die volstruis se asemhalings- weerstand). Ook die verkluimingsfaktor wat gesien word tydens nat en winderige weer.

Kliniese tekens

Waterige neusuitloopsel, sinusse wat swel en soms oogvliesontsteking (skuim-oë), voer wat vassit op neus, roggel en skud van kop of oormatige sluk. Versprei dan verder na die lugpyp, longe en lugsakke. Die onderdrukkende effek skep die geleentheid vir sekondêre infeksies met gevolglike aansameling van etter in die sinuses, lugsakke, koors, longontsteking en septiese ontsteking. [Broeivoëls wys dikwels geen tekens nie. Embrio-oorlewing, asook kuikenkwaliteit mag swakker wees.]

Beheer

Beheer is moeilik weens die draertoestand, verskuilingstaktiek van die organismes in die liggaam en beperkte vatbaarheid vir middels. Dit kan dus tans nie uitgeroei word nie, maar slegs beheer en bestuur word.

Behandeling

  • Vroeë identifisering en monitering is belangrik. Dit bepaal die soort, sowel as die tydperk van behandeling.
  • Middels wat effektief is teen Mycoplasma is: Oksitetrasikliene, Doxysikliene, Chlortetrasi- kliene, Tylosin, Lincomycin en Advocin.
  • Sekondêre infeksies moet dikwels met kombinasie- middels behandel word. U veearts sal u met advies bedien na ’n volledige ondersoek.
  • Onttrekkingsperiodes vir antibiotika moet nagekom word: Tylosin: 7 dae, wateroplosbaar, 3 weke, voer- mengsel. Oxytetrasikliene: 7dae, voermengsel, 30 dae, inspuitbaar. Doxysiklien: 2 weke, wateroplosbaar. Advocin: 7 dae, inspuitbaar.

Wenke vir identifikasie van lugsaksiekte

  • Inspekteer volstruise daagliks vroegoggend en identifiseer moontlike tekens van vroeë lugsaksiekte (skuim-oë, nat of vuil neuse, roggel- geluide, slym in waterbakke).
  • Hou weerstoestande dop vir skielike veranderinge.
  • Wees bedag op voerkwaliteit (stowwerige voer) en -samestelling vir behoefte. Inspekteer voerbakke vir tekens van muf of aanwesigheid van ou voer.
  • Inspekteer waterbakke vir tekens van slymbesmet- ting en verseker dat skoonmaakprosedures in plek is.
  • Meet massatoename oor ’n 30 dae-periode en vergelyk met voeromset.
  • Let op afkeuring van volstruise by die abattoir.
  • Let op nadoodse ondersoekdata van plaasvrektes.
  • Wees bedag op die effek van strestoestande.

Voorkoming

  • Verminder strestoestande op die plaas.
  • Voer volgens voedingsbehoefte en bekendheid daarmee.
  • Maak voerkampe 2 keer per jaar skoon.
  • Probeer om stof en wind te beheer (verskaf skuiling of windbreuke).
  • Verminder populasiedigtheid.
  • Laat voerkampe elke 7 jaar rus.
  • Maak waterbakke weekliks en voerbakke daagliks skoon.
  • Gebruik antibiotika oordeelkundig.
  • Behandel tydens strategiese tye en in hoërisikotye. Laat u veearts ’n program volgens u behoeftes ontwerp.
  • Gebruik individuele behandeling vir enkele ernstige siek voëls of skuif hulle na ’n afgesonderde kamp.
  • Indien die voëls nie in ’n goeie kondisie is nie of swak vreet, moet daar na ’n sterker rantsoen oorgeskakel word
  • Moniteer voerinname, massatoename en ribkas-/ karkas-afkeurings.

DIS ’N FEIT:

  • Lugweginfeksies kom dikwels by volstruise voor.
  • Bestuur veral dié risikofaktore:
    - Stres
    - Populasiedigtheid
  • Skei kuikens van slagvoëls en slagvoëls van broeivoëls.
  • Moenie nuwe en ou troppe meng nie. Hou oorspronklike troppe bymekaar.

Source: Dr Adriaan Olivier, technical advisor of the SAOBC

Google
WWW Ostrich SA
Young designers enthusiastic about ostrich leather
Volstruisleer nou deel van Europese modestudente se leerplan
Ostrich Business Chamber at Agri SA conference
Volstruisbedryf tel kop op
Volstruisbedryf teenwoordig by Agri SA- konferensie
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2010 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX