Username:


Password:


NOPSA Members

Handleiding vir Volstruisproduksie bekendgestel

31 August 2006

Die SAVBK het, in samewerking met die Wes-Kaap Departement van Landbou, 'n handleidingvir volstruisproduksie in Suid-Afrika opgestel.

Dr. Ilse Trautman, Adjunk-direkteur: Tegnologie en Navorsing van die Wes-Kaap DepartmentLandbou het trydens die oorhandiging van die eerste eksemplaar aan die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer op 30 Augustus 2006 gesÍ dat dit vir die departement belangrik is om navorsingsresultate op 'n maklik-verstaanbare wyse aan produsente oor te dra - en hierdie publikasie is een van die maniere waarop dit gedoen word.

Dr. Trautman het ook gemeld dat hierdie eerste uitgawe op die kommersiŽle produsent gemik is en dat 'n publikasie vir beginner volstruisboere ook later beskikbaar sal wees.

Viljee Keller, Voorsitter van die SAVBK-direksie het tydens die oorhandiging gemeld dat hierdie 'n eerste vir die volstruisbedryf (en heel moontlik vir vele ander landboubedrywe) is en dat vennootskap wat tussen die Departement en die SAVBK bestaan, hierdeur bevestig en uitgebou word. Hy het verder gesÍ dat hierdie publikasie beslis waardetoevoegend is - veral omdat dit in die sogenaamde "bakkie-formaat" is, wat beteken dat 'n produsent dit in sy/haar voertuig byderhand kan hÍ.

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die SAVBK, Anton Kruger, het ook sy dank teenoor die onderskeie navorsers, outeurs, taalversorgers en andere uitgespreek en gesÍ dat die moderne, kleurvolle en maklik-leesbare uitleg, die publikasie regtig iets besonders maak. Hy het ook beklemtoon dat sowat 80% van Suid-Afrika se volstruise in die Wes-Kaap geproduseer word en dat 'n vennootskap ten opsigte van navorsing en tegnologie oordrag tussen die bedryf en die Wes-Kaap Departement van Landbou, dus tot beide se voordeel is.

Source: South African Ostrich Business Chamber

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX