|
|
 |
 |
 |
 |
 Bio- Sekuriteitsriglyne vir die Volstruisbedryf 129 September 2006
-
Die aankoop van volstruise
Volstruise behoort slegs aangekoop van/of ontvang
te word op 'n produksie eenheid / plaas vanaf bronne wat voorheen negatief
getoets het. Volstruise behoort nie van 'n bron aangekoop te word nie, tensy dit
negatief getoets het vir Avian Influenza (voëlgriep).
-
Naspoorbaarheid
-
Registrasie van alle volstruisplase/-eenhede
Dit is
noodsaaklik dat alle volstruisplase/-eenhede in die land, ongeag die grootte
daarvan en of die volstruise aangehou word vir die uitvoer van vleis,
geregistereer word deur die Provinsiale Veeartsenydienste, asook die Suid-
Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer wat 'n sentrale databasis vir die industrie
byhou. Volledige GPS ruitverwysing (Global Positioning System) besonderhede van
die ligging van die plaas moet bekom word. Die registrasie is verpligtend vir
persone wat kuikens grootmaak, boere, telers of geïntegreerde volstruisproduksie-
eenhede.
-
Behoorlike identifisering
Alle volstruise op die plaas/ produksie eenhede
moet geïdentifiseer word. Dit is noodsaaklik om goeie rekordhouding te
fasiliteer. Die identifikasie plaatjie mag onder die vlerk of aan die nek
aangebring word. Dit moet duidelik leesbaar wees as die volstruis gevang en
hanteer word. Alle volstruise ouer as 3-4 maande moet van identifikasie plaatjie
voorsien wees, maar beslis voordat enige verskuiwing plaasvind (op enige
ouderdom). As volstruiskuikens op 'n vroeër ouderdom verskuif word, moet hulle
ook van identifikasie plaatjie voorsien wees op daardie vroeë ouderdom voordat
hulle verskuif word. 'n Unieke volstruis identifikasie plaatjie (4 maande en
ouer) met 'n unieke identifiseringsnommer moet gebruik word. Dit word aangebring
deur 'n amptelike inentingsbeampte, dieregesondheidstegnikus of staatsveearts.
Die identifiseringsnommers tesame met die aangewese geregistereerde
plaasbesonderhede word opgeneem in die sentrale databasis van die SAVBK.
-
Bewegingsbeheer
Toegangsbeheer moet geïmplementeer word. Die plaas moet die
produksie-eenheidsfunksie (bv. broeivoëls, broeiery, slagvoel plaas, ens.),
toegangsbeheervereistes en plaasregistrasie duidelik aanbring. Alle volstruise
wat van of na 'n plaas verskuif word, moet vergesel word van 'n bewegings permit
en moet in die paspoortregister aangeteken word, met 'n gesondheidsklaring van
die staatsveeartsenykundige beampte van die streek waarvandaan die voëls kom.
Volstruise wat vir slagting by 'n uitvoerabattoir bestem is, moet verskuif en
vergesel word van 'n paspoort met 'n permitnommer, soos deur die SAVBK toegeken,
waar die nommer ook in die sentrale databasis bewaar sal word. Alle bewegings
[oorsprong, bestemming, permitnommer, ens.] moet deur die produsent op rekord
gehou word.
-
Rekords
Alle produsente moet die volgende rekords byhou wat beskikbaar moet
wees vir inspeksie of oudit deur 'n beampte van die bevoegde owerheid. -
Maandelikse veegetal rekord [wat aan die einde van die maand aan die SAVBK
beskikbaar gemaak word] - Veemiddel gebruik rekord - Na-doodse ondersoek
rekords - Paspoortdokument - plaaslike beweging tussen plase en permit met 'n
paspoort vir verskuiwing na die uitvoerabattoir vir slagting.
-
Bio-sekuriteit
-
Skeiding van spesies Daar behoort geen ander pluimvee en
voëlspesies in noue kontak met volstruise aangehou te word nie. Dit sluit eende,
ganse, loslopende/agterplaas hoenders en kalkoene in. Varke behoort ook nie naby
volstruise aangehou te word nie.
-
Wilde voëls, veral wilde watervoëls, moet
ontmoedig word om kontak met volstruise te hê. Volstruise behoort nie in kampe
gehou te word waar daar oop panne of vleigebiede is nie. Indien sulke kampe
gebruik moet word, behoort die gebiede behoorlik omhein te wees om volstruise te
verhoed om toegang te verkry tot die waterbronne.
-
Werkers behoort opgevoed
te word om nie hul eie pluimvee aan te hou nie, hetsy by huise op die plaas self
of by huise weg van die plaas.
-
Voer Voorsiening Voerbakke moet bestaan uit
doelgerigte ontwerpte bakke om wilde voëls te ontmoedig om daar te vreet.
Voldoende en gereelde voeding moet voorsien word om te verseker dat daar geen
onnodige oorskietvoer is om wilde voëls te lok nie.
-
Water
-
Voorsiening
Die voorsiening van water vir volstruise behoort te bestaan uit doelgerigte
ontwerpte waterbakke wat water voorsien sonder om wilde watervoëls te lok.
Waterbakke behoort (minstens) een maal per week skoongemaak en ontsmet te word
of soos deur risiko faktore bepaal word.
-
Ontsmetting
Drinkwater behoort met
'n gepaste ontsmettingsmiddel behandel te word om enige moontlike virus dood te
maak sonder om die volstruise te benadeel. Geregistereerde ontsmettingsmiddels
wat gebruik kan word, sluit in: F10, Virukill, Virkon of standaard
waterchloreringsmetodes (dosis 1-3 dpm; vrye chloor 0.2 - 0.5 dpm).
-
Besproeiingskanale
In gebiede waar kampe gekoppel word deur
middel van besproeiingskanale moet sodanige kanal afgekamp word. Dit sal
verhoed dat uitskeidings en mis van volstruise versprei word na naburige
kampe langs die roete van die kanaalstelsel.
Siekte moniteering en opnames
(Verwys hier na siekte moniteerings protokol)
Algemeen
Daar word ernstig aanbeveel dat produsente gebruik maak van 'n
kudde gesondheidsveearts om hul volstruis gesondheidsprogram aan te vul en hulle
by te staan in vroeë siektemoniteering en -beheer. Dit is noodsaaklik dat alle
volstruisboere en hul veeartse nou moet skakel met hul onderskeie
staatsveeartse. Deursigtigheid is noodsaaklik en enige uitbreek van siekte, of
vermoedelike uitbreek van siekte, moet volgens die Wet op Dieresiektes (Wet No
35 van 1984) by die Staatsveeartsenydienste aangemeld word. Dit sal verseker dat
die teenwoordigheid en aard van die siekte sonder versuim vasgestel en die
nodige maatreëls deur die veeartseny-owerheid ingestel kan word om verliese te
beheer en die moontlike verspreiding van die siekte te voorkom.
Uitvoerplase moet verder voldoen aan die betrokke VPK (Veeartseny prosedure
kennisgewing - Produsente kan besonderhede van die VPK by hul staatsveeartse
verkry.)
Source: South African Ostrich Business Chamber 

|
 |
 |
 |
 |
|
|
|