Username:


Password:


NOPSA Members

UITVOER VAN VOLSTRUISVLEIS HERVAT

2 November 2006

"Die hoogseisoen vir verbruik van volstruisvleis in Europa het sopas begin en daarom is die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf dankbaar dat die verbod op die uitvoer van hierdie gesogte, gesonde rooivleis uit Suid-Afrika van 1 November af opgehef is", sê Anton Kruger, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer.

Suid-Afrika lewer sowat 70% van die wêreld se volstruise en volstruisprodukte en voer 90% van die produksie uit. Die uitvoerverbod wat vir sowat drie maande gegeld het nadat die nie-gevaarlike H5N2 voëlgriepvirus op 'n plaas in die Wes-Kaap gevind is, het gelei tot die instelling van die verbod; soos wat vereis word deur internasionale voorskrifte.

Na deeglike monitering, hertoetsing, verfyning van naspeurbaarheidstelsels en bio-sekuriteitsmaatreëls op plase in 'n proses waar die SA Volstruisbesigheidskamer in vennootskap met die Nasionale– en Wes-Kaapse Departemente van Landbou gewerk het, het die Europese Unie aangekondig dat vleisuitvoere, onder sekere omstandighede, hervat kan word. Die vereiste is dat alle volstruise 28 dae voor slagting vir Avian Influenza getoets word. Die SAVBK bedank dan ook graag die departemente en amptenare hiervoor.

Kruger het verder gesê dat Suid-Afrikaanse verbruikers nie bekommerd hoef te wees dat volstruisvleis nie meer in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees nie. " Ons het die afgelope paar jaar 'n lojale Suid-Afrikaanse mark geskep wat steeds groei soos verbruikers die waarde en voordele van volstruisvleis besef en sal steeds voortgaan om hoë gehalte vleis aan die binnelandse mark te voorsien".

Source: Suid Afrikaanse Volstruis Besigheids Kamer

Google
WWW Ostrich SA
Young designers enthusiastic about ostrich leather
Volstruisleer nou deel van Europese modestudente se leerplan
Ostrich Business Chamber at Agri SA conference
Volstruisbedryf tel kop op
Volstruisbedryf teenwoordig by Agri SA- konferensie
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2010 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX