 Vere en Leer vir Joost en Amor13 April 2007
Die glanspaartjie, Joost van der Westhuizen en Amor Vittone het hul optrede by ABSA KKNK 2007
met ’n besoek aan die volstruisboetiek by die Klein Karoo Groep in Oudtshoorn, afgesluit.
Amor, wat onder meer by die Afskop-konsert en die Kurt en Vriende-vertoning op die Huisgenoot
Musiekplaas opgetree het, se sprankelpersoonlikheid het die volstruisboere se aandag getrek.
"Joost het as oud-Springbokkaptein en wêreldklas skrumskakel internasionale rugbyliefhebbers
se oë op Suid-Afrika gevestig – net soos wat Klein Karoo se volstruisvere en –leer dit vandag
nog doen. Joost en Amor straal positiewe energie uit wat ons groep se passie vir die bedryf
versinnebeeld. Hulle sal bydra om status aan die produk te verleen," sê die uitvoerende
hoofbestuurder van die groep, Kobus Goosen.
Hy het kleurvolle vereboas aan Amor en ’n volstruisleerbeursie aan Joost oorhandig.
Source: KLEIN KAROO GROUP 

|