Username:


Password:


NOPSA Members

Vere en Leer vir Joost en Amor

13 April 2007

Die glanspaartjie, Joost van der Westhuizen en Amor Vittone het hul optrede by ABSA KKNK 2007 met ’n besoek aan die volstruisboetiek by die Klein Karoo Groep in Oudtshoorn, afgesluit.

Amor, wat onder meer by die Afskop-konsert en die Kurt en Vriende-vertoning op die Huisgenoot Musiekplaas opgetree het, se sprankelpersoonlikheid het die volstruisboere se aandag getrek.

"Joost het as oud-Springbokkaptein en wêreldklas skrumskakel internasionale rugbyliefhebbers se oë op Suid-Afrika gevestig – net soos wat Klein Karoo se volstruisvere en –leer dit vandag nog doen. Joost en Amor straal positiewe energie uit wat ons groep se passie vir die bedryf versinnebeeld. Hulle sal bydra om status aan die produk te verleen," sê die uitvoerende hoofbestuurder van die groep, Kobus Goosen.

Hy het kleurvolle vereboas aan Amor en ’n volstruisleerbeursie aan Joost oorhandig.

Source: KLEIN KAROO GROUP

Google
WWW Ostrich SA
Young designers enthusiastic about ostrich leather
Volstruisleer nou deel van Europese modestudente se leerplan
Ostrich Business Chamber at Agri SA conference
Volstruisbedryf tel kop op
Volstruisbedryf teenwoordig by Agri SA- konferensie
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2010 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX