 Volstruisbedryf deel van handelsending na Moskou18 May 2007
Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) was vanaf 13 tot 17 Mei 2007
lid van ‘n handelsending na Moskou wat gereël is deur die Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid ( dti).
Die departement het sowat 26 bedrywe en bedryfsorganisasies genooi om die markpotensiaal vir verskillende Suid-Afrikaanse
produkte te ondersoek.
Die SAVBK het bepaal dat daar ‘n behoefte aan gesonde vleis, soos volstruisvleis, onder sommige van Moskou se 10 miljoen
inwoners bestaan. As gevolg van Rusland se groeiende ekonomie, is daar ook ‘n toenemende vraag na luuksegoedere soos
volstruisleerprodukte.
Die SA volstruisbedryf het reeds verskeie pprojekte geloods om die bewustheid van volstruisleer onder die
Russiese bevolking te verhoog. Twee van die onlangse projekte was die oorhandiging van ‘n volstruisleer aktetas
aan die Russiese president , mnr. Vladimir Poetin asook ‘n borgskap aan twee Suid-Afrikaanse mode-ontwerpers wat
in April vanjaar aan die Moskou Modewekk deelgeneem het en volstruisleerskeppings ten toon gestel het.
’n Spesiale brosjure is ook vir die geleentheid saamgestel en is ook elektronies beskikbaar by:
MADEINSOUTHAFRICA.RU
Source: South African Ostrich Business Chamber 

|