Voëlgriep in Duitslad het GEEN invloed op SA volstruisbedryf nie
12 July 2007
Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) het bevestig dat die Suid-Afrikaanse Regering se verbod op die invoer van pluimveeprodukte uit Duitsland, geen invloed op die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf het nie omdat Suid-Afrika geen volstrruisprodukte uit Duitsland invoer nie. Suid-Afrika voer 90% van sy volstruisprodukte uit.
Die verbod is ingestel nadat voëlgriep in Duitsland aangemeld is.