 VOLSTRUISBEDRYF EN DEPARTEMENT VAN LANDBOU1 November 2007
Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) het kennis geneem van onlangse mediaberigte oor ’n moontlike EU-verbod op invoere van produkte van dierlike oorsprong. Onderhandelinge en kommunikasie oor sodanige aangeleenthede lê egter op die vlak van regering-tot-regering (Departement van Landbou en die Europese Unie).
Inligting oor EU-vereistes en besluite word op die EU webblad gepubliseer en tot op hede is geen inligting oor ’n verbod op die webblad gepubliseer nie.
”Die volstruisbedryf werk reeds die afgelope paar jaar baie nou saam met die Departement van Landbou en het groot waardering vir die moeite, insette en tyd deur die Departement om Suid-Afrika se uitvoerstatus te verseker”, sê Anton Kruger, die Hoof Uitvoerende Beampte van die SAVBK.
Source: Suid Afrikaanse Volstruis Besigheids Kamer 

|