 Suid-Afrikaanse volstruisbedryf en bio-diversiteit20 February 2008
Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) het ’n skenking van 120 000 Amerikaanse dollar beding by die
Critical Ecosystem Partnership Fund (CEPF) vir ‘n wat tot voordeel van die volstruisbedryf en die bio-diversiteit
( plantgegroeie, grond) in die Klein-Karoo gebied sal wees.
Die projek sal riglyne, advies en voorligting aan produsente gee oor hoe om in ’n ekologies-sensitiewe gebied
volhoubaar met volstruise te boer. Die projek is gekonsentreer in die Klein-Karoo wat ’n hoogs-intensiewe
volstruisproduksiegebied is.
“Die volstruisbedryf glo dat ‘n vennootskapsbenadering die regte manier is om uitdagings te hanteer“, sê Anton Kruger,
Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer. “Hierdie is nog ‘n voorbeeld van soortgelyke
inisiatiewe in die volstruisbedryf en ons is dankbaar vir vennote soos die Gouritz Inisiatief (GI), CapeNature en die
Wes-Kaap Departement van Landbou”, het Kruger gesê.
Die SAVBK se rol is om die volhoubaarheid en lewensvatbaarheid van die volstruisbedryf in Suid-Afrika te verseker en
aanvaar sy verantwoordelikheid ook ten opsigte van bio-diversiteitsbestuur. Die doelwit met hierdie projek is verbeterde
grondgebruikpraktyke, benutting van natuurlike veld op ‘n volhoubarte, verantwoordelike en verbeterde wyse en moontlike
ontwikkeling van alternatiewe produksiestelsels.
Die Klein-Karoo het baie unieke uitdaginmgs en een daarvan is werksgeleenthede. Die volstruisbedryf is verantwoordelik
vir minstens 30% van alle werksgeleenthede in hierdie streek en dit is dus in almal se belang om ’n volhoubare
volstruisbedryf te hê.
”Dit is ook duidelik dat hierdie projek geïntegreer moet word met ander projekte in hierdie geografiese gebied” sê
Susan Botha, Bestuurder van Gemeenskapsgebaseerde Bewaring by CapeNature se Gouritz Megapark Sake-eenheid. Hierdie
koppelings sal verdere stukrag gee aan die bewusmaking en bevordering van bio-diversiteit en sal ook help met die skep
van alternatiewe ekonomieë” het Botha gesê.
Source: South African Ostrich Business Chamber 

|