 PERSVRYSTELLING VOLSTRUISBEDRYF IS ERNSTIG OOR OMGEWINGS-BEWARING29 July 2008
‘n Bio-diversiteits werksgroep het onlangs hul eerste
vergadering gehad om te bepaal hoe hulle te werk moet
gaan om volstruisboere wat tropparing toepas, te help
om bedreigde gannaveld of voorskootveld op hulle plase
effektief te bewaar.
Hierdie span werk binne die raamwerk van buitelandse
befondsing wat onlangs aan die SAVBK toegeken is vir
‘n projek om bio-diversiteitsbestuur binne die
volstruisbedryf aan te spreek. Die projek word
bestuur deur Susan Botha.
“Ons is geweldig bevoorreg om ‘n span deskundiges onder
Susan se leiding te hê wat ‘n pad gaan stap met 10
geïdentifiseerde boere. Veld-assessering gaan op die plase
gedoen word deur ‘n bio-diversteit deskundige sodat die
boere kan weet presies watter unieke en spesiale belang die
plantegroei op hul plase het. Daarmee saam gaan ‘n
landbou-ekonoom kyk na huidige grondgebruik op die plase,
sowel as alternatiewe boerderymetodes. Saam gaan dié twee
dan aanbevelings maak vir effektiewe veldbenutting vir elk
van die 10 plase,” sê Anton Kruger, Hoof Uitvoerende Beampte
van die Suid-Afrikaanse Volstruis Besigheidskamer.
Daar is gekyk na 3 kriteria vir deelname aan hierdie projek.
“Die grondeienaar moet gewillig en entoesiasties wees om deel
te neem. Daar moet ook bedreidge plantegroei op die plaas
voorkom en die boer moet tropparing op natuurlike veld toepas,”
sê Anton. “Die werksgroep gaan vir ‘n aantal van hierdie boere
help om ‘n bio-diversiteits bestuursplan vir elk van die plase
saam te stel. Die landbou-ekonoom moet verseker dat aanbevelings
wat gemaak word ten opsigte van bio-diversiteit, die boer ook
finansieel kan bevoordeel. Generiese inligting uit hierdie
plaasvlak bestuursplanne sal dan saamgevat word in ‘n
riglyn-dokument wat die bedryf as ‘n bemarkings-instrument
kan gebruik vir die ontginning van nuwe markte en die behoud
van bestaande markte.”
FOTO: vlnr – Mike Murray (landbou-ekonoom), Mbulelo Jacobs
(CapeNature – gemeenskapsprojekte), Gavin Shaw (biodiversiteit-spesialis),
Susan Botha (SAVBK - projekbestuurder), Alan Wheeler (CapeNature – ekoloog),
Kobus Nel (Departement Landbou – volstruisdeskundige) en Yvette Lötter SAVBK - projek-assistent).
Stefan Pieterse (LandCare) was afwesig toe die foto geneem is.


|