Username:


Password:


NOPSA Members

Sukses vir volstruisbedryf in Moskou

24 November 2008

Die deelname van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) aan ‘n handelsending na Moskou verlede week, was baie suksesvol, deurdat Suid-Afrikaanse volstruisvleis voortaan na die Russiese Federasie uitgevoer mag word ( dit is die enigste vleis uit SA wat deur die Russiese owerhede aanvaar word) en ook dat die Moskou se Institute vir Mode-ontwerp volstruisleer vanaf 2009 insluit by die opleiding van studente.

Anton Kruger besig met 'n aanbieding oor die SA volstruisbedryf

Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), Anton Kruger, is dit die gevolg van suksesvolle samewerking tussen die bedryf, die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou en die Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid (dti).

Die SAVBK was ook die enigste bedryf wat ‘n toekenning deur die Suid-Afrikaanse Ambassadeur, dr. Bheki Langa, ontvang het vir die bevordering van handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en die Russiese Federasie.

"Die doel van die volstruisbedryf se deelname was om nuwe markte vir Suid-Afrikaanse volstruisprodukte te ontwikkel en om die Russe bewus te maak van ons unieke, hoë-gehalte produkte", het Kruger gesę. Dit is gedoen deur onder andere die volgende:

  • 'n dinee is vir 150 afgevaardigdes aangebied waartydens drie Suid-Afrikaanse volstruisvleisgeregte voorberei is deur die bekroonde Suid-Afrikaanse sjef, Pete Goffe-Wood. Dit was die eerste keer dat Suid-Afrikaanse volstruisvleis in Rusland bedien is;
  • volstruisleer-en vere produkte wat skeppings van die Suid-Afrikaanse mode-ontwerper, Deon Oelofse, ingesluit het is deur Russiese modelle vertoon – en die skeppings was in die kleure van die vlag van die Russiese Federasie.
  • verspreiding van volkleur pamflette, in Russies, oor Suid-Afrikaanse volstruisprodukte; en
  • 'n formele aanbieding oor die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf deur Anton Kruger.

"Die Russiese markpotensiaal vir hoë gehalte Suid-Afrikaanse volstruisprodukte is groot – die verbruikers moet net daarvan bewus gemaak word. Die SAVBK waardeer en benut dus die geleenthede wat deur die Departement van Handel en Nywerheid geskep word", het Kruger gesê.

Die drie volstruisleeruitrustings van Deon Oelofse wat tydens die banket op die Rooi Plein deur Russiese modelle vertoon is . Modelle is Natalia, Kristina & Dinara

Source: Suid Afrikaanse Volstruis Besigheids Kamer

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX