Goeie pryse behaal vir volstruise tydens veiling
Die Oudtshoorn Navorsingsentrum vir volstruise verkoop
een keer per jaar 'n aantal volstruise en vanjaar se
veiling was op 15 April en al 152 volstruise wat
aangebied was, is verkoop teen 'n gemiddeld
van R4 000 per volstruis. Die hoogste pryse wat behaal
is vir 'n mannetjie was R5 500 en vir 'n wyfie R7 500.