Username:


Password:


NOPSA Members

Mev. Suid-Afrika 2009 pronk in volstruis

4 August 2009

“Ek het vir die ontwerper, Deon Oelofse, gesę dat hierdie goudgeel volstruisleer en –vererok die wen-nommertjie is, en daar gebeur dit toe net so,” vertel mev. Joani Johnson (28). Sy is Vrydagaand in Midrand as die nuwe Mev. Suid-Afrika gekroon.

“Vir my as ‘n getroude vrou is dit belangrik om goed na myself te kyk en sexy te wees. Hierdie mooi, helder en stylvolle volstruisrok doen net die ding.”

Joani werk by die plaaslike koerant in Mosselbaai. Sy sal in November aan die amptelike Mev. Węreld-kompetisie deelneem. “Ek wil graag vir my land wen. Daar was nog nooit ‘n Suid-Afrikaanse Mev. Węreld nie.”

Sy het haar Suid-Kaap verbintenis duidelik gemaak met haar rokkeuse vir die kroning. “Deon is my gunsteling ontwerper en die geel volstruisrok is eksklusief ontwerp en gemaak.

Die rok wat Joani vir die Mev. Suid-Afrika galageleentheid aangehad het was een van vyf unieke nuwe rokke wat Deon, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) ontwerp het.

Die leer en vere kom van Klein Karoo International (KKI) op Oudtshoorn. Die rok was vanjaar ook deel van SAVBK-modevertonings in Portugal en Spanje.

“Hierdie rok is vir glansgeleenthede ontwerp en dit het soos ‘n handskoen aan Joani gesit,” vertel Deon.

“Ek het hierdie volstruis-uitrusting met ‘n korsetstyl-top, afgewerk met Swarovski kristalle. Die romp bestaan uit ses lae valle wat wyd uitloop na onder en hier het ek 24 meter rouge volstruisvere gebruik.”

Vir die top is slegs die kroon of knoppies van die volstuisleer gebruik. Ek het dit eers klaargemaak, waarna ek dit van helder songeel na sagte pastelgeel gekleur het.

Die rouge is ook van pastelgeel na helder songeel geskakeer. 'n Lewendige helder nommertjie wat nie mis gekyk kan word nie,” vertel die ontwerper trots.

Deon is nou 26 jaar in die bedryf. Hy sę, “Volstruisvere was nog altyd vir my ‘n gunsteling. Ek word sedert 2005 daarmee geassosieer. Deesdae is die Klein Karoo volstruisleer so soepel dat jy letterlik enigiets daarmee kan doen. Van ‘n sexy-nommertjie in rooi of geel tot ‘n stylvolle broek of glansbaadjie.”

Hy wys daarop dat hy graag volstruis leer met sy-sjifon en Swarovski kristalle of ander edelstene kombineer. Dit kan werklik baie modern en modieus wees,” vertel Deon.

Vir Joani lę daar ‘n baie besige tyd voor. Sy sal ondanks haar verpligtinge as joernalis en eienares van ‘n plaaslike modelskool, ook ‘n klomp ander afsprake moet nakom en liefdadigheidswerk doen.

Haar man, Arthur is haar grootste ondersteuner. “Met sy bystand wil ek graag in my termyn as Mev. Suid-Afrika ‘n verskil in die gemeenskap maak en vroue bemagtig,” sę Joani.

Saamgestel en uitgereik deur KLEIN KAROO International (KKI), Oudtshoorn Medianavrae: Jan Greyling by 044 203 5236 of op 082 556 8778

Source: KLEIN KAROO International (KKI)

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX