Username:


Password:


NOPSA Members

Suid-Afrikaanse Volstruisleer Pronk in Parys

3 August 2006

Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) op Oudtshoorn het die Kaapse mode-ontwerper Gavin Rajah gedeeltelik geborg om aan die onlangse Parys Modeskou deel te neem met volstruisleer-en vere uitrustings en bykomstighede.

"Volstruisleer is uniek, duursaam, sterk en eksoties en die Suid-Afrikaanse leer is internasionaal gesog as gevolg van die hoŽ gehalte en die feit dat dit in sowat 400 kleurskakerings en verskillende afwerkings beskikbaar is", sÍ Anton Kruger, die Hoof Uitvoerende Beampte van die SAVBK.

Die feit dat Gavin Rajah die eerste en enigste Suid-Afrikaner is wat tot nog toe genooi was om aan die Paryse Modeskou deel te neem toon dat sy ontwerpe uniek en van hoŽ gehalte is. Dit maak dus sin vir die volstruisbedryf om met so Ďn internasionaal erkende ontwerper saam te werk en te sorg dat die wÍreld se modehuise en modebewustes deurentyd die waarde van hierdie produk besefď.

 

Die SAVBK het sowat 90 volstruisvelle, in verskillende kleure aan Gavin geskenk en hy het die velle omskep tot praguitrustings, het Kruger gesÍ. Internasionale modetydskrifte en TV-kanale het ook besef dat hierdie vertoning iets besonders was en het dus gesorg dat lesers en kykers hierin kon deel.

Volstruisleer word gebruik in die vervaardiging van meubels, stewels, skoene, bykomstighede soos handsakke, beursies, gordels asook klere soos baadjies, jasse en rompe. As gevolg van volstruisleer se unieke voorkoms raak dit ook al hoe gewilder as deel van die bekleedsel in luukse voertuie.

Source: South African Ostrich Business Chamber

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX