Username:


Password:


NOPSA Members

Volstruisleer en die Picasso-museum

28 August 2006

Madamoiselle Madeline Laurence, een van drie kuratore van die Picasso-museum in Parys, beklee ‘n pos wat as een van die roomposisies in die kunsbedryf beskou kan word.

Met haar besoek aan Suid-Africa het Anet Pienaar-Vosloo, joernalis van “By” met haar ‘n onderhoud gevoer oor die Picasso & Afrika kunsuitstalling wat in Johannesburg en Kaapstad plaasgevind het.

Haar laaste vraag aan me Laurence was egter wat sy sou doen as sy skielik 500 euro (sowat R 4 300) as geskenk sou ontvang en iets vir haarself daarmee kon koop. Sy antwoord toe sonder twyfel: “’n Spierwit rok vir die somer met ‘n mooi halslyn sodat ek my Afrika-krale daarby kan dra. En ‘n volstruisleerhandsak. Dit sal my herinner aan die mooiste land wat ons nog ooit besoek het.”

Die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) het hiervan tehore gekom en wou graag aan haar so-iets skenk. Op daardie stadium het Anet, wat toe alreeds op pad is Parys toe, vir haarself ‘n swart “Grace Kelly Style Hermes” volstruisleerhandsak gekoop. Sy het toe daardie handsak oorhandig aan Madamoiselle Madeline Laurence en is Anet weer deur die SAVBK met dieselfde tipe handsak beloon.

Hier deur beskou Madamoiselle Madeline Laurence haarself as ‘n ware ambassadeur van Suid-Afrikaanse volstruisleer.

Source: South African Ostrich Business Chamber

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na Italië
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX