Username:


Password:


NOPSA Members

Van die Klein Karoo na Rusland in Styl

14 March 2007

'n Internasionale deurbraak vir die Kaapstadse mode-ontwerpers Malcolm Kluk en Christiaan Gabriel du Toit sal volstruisleer vir die eerste keer vanaf die Klein Karoo na Moskou neem. Hierdie twee ontwerpers is ook die eerste Suid-Afrikaners wat uitgenooi is na die Russiese Modeweek wat op 2 April begin.

Klein Karoo International (KKI) Volstruisleer in Oudtshoorn het bevestig dat die KLŻK CGDT Boetiek ses nuwe kledingstukke van KLEIN KAROO volstruisleer vier drasakke, vervaardig uit eksotiese, Suid-Afrikaans-geproduseerde Waarmerk van Gehalte volstruisleer, in Rusland sal bekendstel.

Volgens Malcolm kan Russiese gehore verwag om 'n keurige, vroulike reeks gekenmerk deur vernuftige snywerk te sien. "Ons nuwe Great Expectations versameling is 'n viering van die lewe. Ons volg die beginsels van styl, sofistikasie en gehalte wat ons as die ware kenmerke van kontemporÍre identiteit beskou," sÍ hy.

Vir die Russiese Modeweek sal die KlŻK CGDT volstruisleer-ontwerpe uit 'n trapeze baadjie, 'n onderbaadjie, 'n kort baadjie, 'n potlood romp, 'n skouerstrook-baadjie, nousluitende broek en die drasakke bestaan.

Volgens Christiaan gaan die KLŻK & CGDT handelsnaam nie soveel oor klere nie maar "eerder oor die lewe en ín geheel ervaring en grenslose benadering tot mode". Hul samewerking verteenwoordig die toppunt van hul afsonderlike skeppende prosesse en elke ontwerper bring 'n gespesialiseerde kundigheid en unieke visie na die vennootskap toe.

Malcolm en Christiaan, wat reeds sedert 2003 saamwerk, het 'n dinamiese en groeiende mode-vennootskap. Hul ontwerpersetikette is vir die eerste keer tydens die 2006 Nokia Cape Town Fashion Week saamgevoeg.

Malcolm het met sy goeie snitte, diens en eksklusiwiteit onder bekendes soos Charlize Thťron, Beyoncť Knowles en die Skandinawiese legende Carola asook lede van die Suid-Afrikaanse Kabinet naam gemaak.

Christiaan sÍ hy benodig net ď'n skÍr, materiaal, spelde en - die belangrikste - die kliŽnt". Hy het die Kazak-toekenning as "Belowendste Ontwerper" en Nederburg se "Beste Jong Ontwerper"-toekenning ingepalm.

Volgens die hoofbestuurder: leer by KKI, Wim van Rooyen, het hul gedeelde passie vir gehalte en styl gelei tot 'n professionele vennootskap tussen KLEIN KAROO en die twee ontwerpers, wat naam gemaak het met hul aandag aan detail en uitstaande snitte.

Source: KLEIN KAROO GROUP

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX