Username:


Password:


NOPSA Members

Volstruis vir interkontinentale kookkompetisie

16 March 2007

Vir die eerste keer ooit sal volstruisvleis aangewend word as hoofbestanddeel deur alle deelnemende sjefs gedurende die tweede jaarlikse One World Culinary Competition tussen Suid-Afrika en Ysland. Fidji, Rusland en die Kongo neem ook aan die kompetisie deel.

Die kompetisie is gereŽl vir Maandag, 19 Maart by die Sandton Konvensiesentrum. Johannesburg. Die plek waar hierdie kompetisie beslis sal word is Suid-Afrika se grootste gasvryheidskou, naamlik Hostex, in die SA Chefs Village.

Volgens Jeff Scheuremans van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging, moet die hoofdis van hierdie kookkompetisie uit 'n minimum van 60% volstruisvleis van KarooCuisine, 'n fabriek van Klein Karoo Volstruisvleis in Oudtshoorn, bestaan.

ďVolstruisvleis is 'n laevet, eksotiese, smaaklike en gesonde premium-gehalte rooivleis," sÍ Jeff. Volgens hom het die wÍreldvraag na volstruisvleis drasties toegeneem met die internasionale neiging na gesonder eetgewoontes aangesien diť vleis feitlik vetvry asook laag in kaloriŽe en cholesterol is maar tog ryk aan proteiene en yster.

"Die besondere subtiele smaak en veelsydigheid van diť produk het van volstruisvleis die mees gesogte item by hoteliers, restauranteurs, tuiskokke en spyseniers oor die wÍreld heen gemaak," voeg hy by.


Ontmoet die Suid-Afrikaanse Nasionale Kookspan: (kloksgewys) Marli Roberts (Instituut vir Kookkuns), Chris van Wyk (Amaqueta Voedsel), Bertus Basson (Kitchen Aid) ), Rudi Liebenberg (Michelangelo Hotel), Trevor Boyd (Le Franschhoek Hotel), Alfred Henry (The 12 Apostles), Xolani Bongisipho (Beverly Hills Hotel), Lynn Gurovich (Mount Nelson Hotel), Gerhard van Staden (Beverly Hills Hotel), and Dilene Cranna (Le Franschhoek Hotel), hier saam met die spanbestuurder, Garth Shnier (middel)

Die konsep agter die One World Culinary Competition is 'n kontinentale uitdaging wat beslis moet word aan die mees Noordelike en Suiderlike punte van die aarde, tussen Ysland en Suid-Afrika. Een van die belangrikste aspekte van die kompetisie is die bevordering van die invloed van elke kontinent se unieke en innoverende kookkuns.

Alle deelnemers moet 'n driegang-spyskaart vir ses mense voorberei en bedien deur gebruik te maak van gespesifiseerde Afrika-bestanddele wat verteenwoordigend is van die spesifieke land of kontinent. Twee van die ses disse wat deur elke sjef voorberei word sal in 'n Restaurant van Nasies bedien word, terwyl vier lukraak-geselekteerde disse aan die beoordelaars voorgesit sall word en ook gefotografeer word. Die beoordelaars is van Suid-Afrika en Ysland.

Volgens Jeff sal die spanlede van Ysland en die ander lande die gaste wees van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging. Hulle sal ook uitgenooi word na uitgesoekte aktiwiteite oor die vier dae wat hulle in Suid-Afrika vertoef. "Die reisplan sluit 'n besoek aan 'n leeupark, die Nasionale Geskiedkundige Museum en ander eetgeleenthede in."

Die sjef-afvaardiging van Ysland kom op 18 Maart aan. Die One World Culinary Competition is gereŽl vir Maadagoggend. Demonstrasies sal Dinsdag by Hostex plaasvind en die prysuitdeling word vir Woensdagmiddag beplan.

Source: KLEIN KAROO GROUP

Google
WWW Ostrich SA
New Pathways for Ostrich Leather
Volstruisleer baan nuwe weg na ItaliŽ
Code of Conduct for the Commercial Production of Ostriches
Status of Avian Influenza (AI) in the Western Cape
Ostrich meat export suspension
Oudtshoorn Info
Ostrich Feathers for Weddings
Southern Africa Luxury Association
News & HomeOstrich IndustryProductsLEGAL NOTICESFAQ'sLinksAbout UsContact Us
      Copyright © 2017 • South African Ostrich Business Chamber • Site by:  WebWorX